RAD Culture Zone

Our culture, our passion, our inspiration

Breyten Breytenbach Boekefees- Daniel Hugo

BBB 2013 Daniel HugoDaniel Hugo is op 26 Februarie 1955 op Stellenbosch gebore. Hy gaan skool op Greyton (Weskaap) en in Windhoek (Namibië), en studeer aan die Universiteite van Stellenbosch (B.A. Hons.), Pretoria (M.A.) en die Vrystaat (D.Litt.). Op Stellenbosch was hy ’n lid van die digter D.J. Opperman se Letterkundige Laboratorium. In 1983 het hy gestudeer aan die Katholieke Universiteit van Leuven in België.
Hy is die digter van 14 bundels – die jongste is Hanekraai wat in 2012 by Protea Boekhuis verskyn het. Hy het ook etlike bloemlesings uit die Afrikaanse poësie en verhaalkuns saamgestel. Hy is verder bekend as vertaler uit Nederlands en Engels.
Daniel Hugo was aanvanklik ’n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Daarna was hy byna 20 jaar lank in Kaapstad ’n omroeper by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK waar hy verantwoordelik was vir die literêre programme. Hy is meermale vir sy omroepwerk bekroon. Sedert April 2010 is hy ’n vertaler en uitgewersredakteur by Protea Boekhuis.
Daniel Hugo is getroud met Marlene Malan, ’n bekende en bekroonde joernalis.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: