RAD Culture Zone

Our culture, our passion, our inspiration

Twee Halfronde- woord word klank

TWEE HALFRONDE A3 96 DPI WEBDie musiektweeling van Groenkloof — dis hoe Anne-Marie en Lizanne bekendgestaan het waar hulle grootgeword het in Pretoria. Want ‘n baarmoeder, kamer en klere was net die begin van die sussies se gedeelde lot; dit het veral uiting gevind in hul uitsonderlike talent en passie vir musiek.

Op vyfjarige ouderdom begin hulle reeds met intensiewe klassieke opleiding in klavierspel. ’n Ewe groot belangstelling in die toonsetting van gedigte en ’n voorliefde vir jazz en wêreldmusiek loop uit op ‘n suksesvolle loopbaan vir albei as professionele musikante — eers saam en later afsonderlik as kunstenaars in eie reg.

As solo-kunstenaar stel Anne-Marie van Eeden indertyd twee opnames bekend vanuit Stellenbosch, en Lizanne Barnard-Helberg altesaam vier, as lid van die groep Marimba in Nelspruit.

Nou, twee dekades later, kruis die twee se professionele paaie vir die eerste keer weer – vanuit twee halfronde, noord en suid. Die susters se lang-agtergeblewe musicale hereniging vanuit Switserland (Anne-Marie) en die Suidkaap (Lizanne) ) — en die gepaardgaande samevloei van Europese en Afrika-klanke — vergestalt in ‘n unieke produksie met ‘n vars, opwindende volkomenheid. Hulle word vergesel deur Kevin Gibson (tromme) ,Schalk Joubert (bas) en Adam Helberg (kitaar).

Twee Halfronde is ‘n kragtoer in musikaliteit, kreatiwiteit en virtuositeit, en word visueel toebelig deur die bekroonde kunstenaar Diek Grobler en dansers, Mthuthuzeli November en Aviwe November (The November Boys).

 http://online.computicket.com/web/event/twee_halfronde/788030743/0/58050358

Facebook: https://www.facebook.com/tweehalfronde?fref=ts

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: